Picture
Goeie môre almal,

Hoofsaaklik mooiweer en koud oor feitlik die hele land en temperature bly maar laag oor die sentrale en westelike binneland in die oggend. Daar is wel dele waar daar ‘n effense wind is wat lugvermenging bewerkstellig met effens hoër temperature maar met wind voel dit in elke geval nog steeds koud. Mens kan die koue front sien suid-wes van die Kaap maar is beslis effens verder suid van die Kaap as die koue front vroeër in die week wat sowat 15-30mm verskaf het, maar die een lyk nie so rof nie maar kan tog vanaf vannag weer ‘n paar reënbuie afgee oor die suidelike Kaapse gebiede. Met ‘n naderende koue front by die Kaap loop mens altyd die risiko dat die vloei aflandig word oor die Oos-Kaap se kusgebiede en aangrensende binneland met effe hoër brandgevaar toestande, dus wees op die uitkyk vir rook, waar daar ‘n rokie trek is daar erens ‘n vuur wat beveg moet word. In die pre-frontale fase word dit altyd darem so ‘n graad of twee warmer op die maksimum kant oor die binneland en sowat 4-5 C warmer oor die Laeveld en Kwazulu-Natal waar die brandindekse ook sal toeneem. Moet dus nie vandag kanse wat om ‘n stuk ou land af te brand nie, nie tensy jy/sy genoeg brandbestrydings mense en toerusting het nie. Wanneer ons soos vandag pre-frontaal is oor die binneland moet ons altyd in gedagte hou dit word weer een of ander tyd post frontaal dus weer kouer. Ek het gaan kyk wat verlede jaar in Augustus gebeur het en moet sê as mens nie rekord hou van die weer nie dan vergeet mens gou dat Augustus nogal koud kan word op sekere dae en verlede jaar was dit veral kouer in die gem as Julie, so ons kan nog nie regtig dink dat ons nou skielik vroeë lente gaan begin ervaar nie, ja die sonskyn ure per dag word stadig maar seker meer soos die son suidwaarts beweeg (vanaf die 21 Junie) maar die son bereik eers weer die ewenaar teen die 21ste September en dit is nog amper 2 maande weg, so ja, daar gaan nog koue dae voorkom met ryp in Augustus. Met geen duidelike sein dat ons in La Nina of El Nino inbeweeg nie is dit 50/50 of ons dalk weer soos verlede jaar in Augustus ons eerste lente reën sal kry, ons sal maar moet wag en kyk.  Buiten vir die Kaap lyk dit darem of ons ‘n redelike Saterdag t.o.v weer kan verwag en behoort daar nie teveel issues te wees met die rugby op Loftus nie.

Geniet die dag en naweek. 

 


Comments




Leave a Reply