Goeie môre almal,
Dit is maar weereens lekker koud oor die land vanoggend en selfs ‘n plek soos Ellisras is 2 C vanoggend, Pretoria sowat 2-3 C en Vereeniging is bykans vriespunt. Vrek koud oor die Vrystaat met sub zero temperature en wyd verspreide ryp en dit ondanks ‘n paar strepe middel wolke wat oor die Noordelike dele van die noord-Kaap voorkom. Dit is oorblyfsels van die koue front wat gister vanuit die weste ingeslaan het. Die wolke is vanoggend versprei oor die suid-oos kus tot en met Kwazulu-Natal (meestal langs die kus) want plekke oor die westelike binneland van KZN is ook nog lekker koud vanoggend met Escort so in die omgewing van 2 C en dan sal ‘n plek soos Mooirivier ook nog lekker koud wees vanoggend. Die druk styg langs die ooskus wat beteken die kanse is redelik goed dat die wolke nou langs die kus ook verder noord sal inbeweeg na die Laeveld met hoër vogvlakke. Dit is nog deels bewolk oor die dele van die suidelike dele van die Wes-Kaap maar die vloei is effens aflandig vanoggend dus koud maar meer sonnig na die afgelope 36 uur se reën wat kol-kol daar voorgekom het. In geheel gesien is die land vandag meer post frontaal dus sal die maksimum temperature maar sukkel in die meeste gevalle om 20 C te haal uitgesluit die noordelike binneland (uitgesluit die Laeveld in die ooste) waar temperature weer in die lae 20’s kan inbeweeg. Nou nie ‘n erge bolugversteuring nie maar net-net genoeg dat daar so ‘n paar strepe middel en hoë wolke verder ooswaarts kan uitbrei soos die dag aanstap. Die vog het skerp toegeneem oor die Oos-Kaap met die gevolg dat die hoë brandgevaar wat daar geheers het oor veral die aangrensende platorand behoort aansienlik laer te wees vandag as die vorige 48 uur. Daar is weer koue fronte oppad na die Kaap in die volgende paar dae maar weereens lyk hulle nie goed genoeg en veral nie ver genoeg noord om te sê dat dit skerp sal opwarm oor die binneland nie, dit is nou in pre-frontale fases, maar behoort goed genoeg te wees vir weer reën oor die suidelike dele van die Wes-Kaap, volg die 3 dag voorspelling wat gratis by www.netfor.co.za beskikbaar is. (Net vir die wat dink dat die winter nou einde se kant toe moet staan, het so bietjie gaan loer wat verlede jaar gebeur het in Augustus, wel Augustus verlede jaar was daar heelwat aansienlik kouer dae as in Julie, so ek dink nie ons kan nou al sê dat die winter verby gaan wees binnekort nie, ja daar gaan verseker nog dae wees wat warmer sal wees maar daar gaan ook dae wees waar daar dalk nog ‘n skerp bolugtrog oorland inslaan en as dit gebeur dan beweeg die maksimum temperature oor Gauteng so laag as tussen 5-8 C in dit is vrek koud!! Moet dus nog nie dink aan warm klere wegpak nie!!)
Bly warm en veilig.