Môre almal:
Die bolugtrog wat gistermiddag en aand ‘n paar buie reën en enkele donderbuie gemaak het oor die Vrystaat en KZN sit nou oos van die land en kan daar slegs nog enkele buie langs die ooskus verwag word met aanlandige vloei. Die oppervlakte koue front vanuit die weste het die lug baie uitgedroog oor die binneland maar dit beteken ook dat dit meer sonnig sal wees so daar sal ten minste ‘n mate van herstel wees op maksimum temperature alhoewel dit nog steeds koud sal voel meer spesifiek dele waar die wind vanoggend onsmaaklik is. Dit is hoofsaaklik termiese winde en sal die wind afneem oor die middag periode. Die volgende koue front kan wes van die Kaap gesien word, nie baie sterk nie, maar tog voldoende om ‘n paar reënkolle te maak oor die suidwes Kaap. Ek sien daar is manne en dames wat sê die winter is verby, wel ek dink nie so nie, ja dit is Augustus en die dae word langer dus sal ons verseker op die maksimum temperature kan sien dat dit effe warmer sal word in tyd, maar die minimums bly nog aan die lae kant, meer spesifiek omdat na so ‘n boluglaag (wat eintlik ‘n bolug koue front is) oorland beweeg dan los dit ‘n klomp koue en droeë lug agter. Histories begin temperature eers aan die einde van Augustus hoër vertoon. In elk geval nie veel om oor te skinder vanoggend nie, geniet die dag en nuwe week!!