Picture
Goeie môre almal:

Koud maar nie so kwaai koud in die oggend soos die laaste paar dae nie, Vereeniging het wel weer gedaal tot ongeveer vriespunt met ryp maar met sonnige toestande verwag ek redelike opwarming vanaf Gauteng noord en ooswaarts. Die lug is baie droog alreeds vanoggend en die vog gaan weereens baie lag daal deur die dag en alhoewel die temperature nie so kwaai sal styg soos eergister nie, is dit nog steeds gevaarlike brandtoestande wat voorkom oor die grootste deel van die binneland, KZN en die Laeveld. Dit is nog bewolk oor die Kaap met ‘n koue front wat daar deur beweeg het met reën maar dit behoort so effe op te klaar voor die volgende koue front wat daar gaan inbeweeg binne die volgende 24 uur.  Dit het redelik goed gereën oor die Kaap die afgelope paar dae en met die vooruitsig dat daar nog heelwat koue fronte in die nuwe week gaan inbeweeg is dit dalk ‘n Goeie idee om mense wat nog in die bekende vlei gebiede woon te skuif na hoër gebiede. Net nog ‘n vinnige 20-30mm kan dinge vinnig laat versleg. Daarteenoor gaan die brand gevaar redelik hoog bly oor die sentrale en oostelike binneland ingesluit KZN en die Laeveld.   

 


Comments




Leave a Reply