Picture
Goeie môre almal,

Die bolugtrog was toe net-net sterk genoeg om ‘n paar ligte reënbuie te maak vanaf Rustenburg tot en met Gauteng, met sowat 3mm in die Roodepoort gebied, die meeste wat ek kon sien tot en met 7vm vanoggend.  Die band wolke met selfs hoer en daar ‘n donderstorm strek tot sover as Kwazulu-Natal waar daar kolle alreeds tot en met 10mm reën gekry het, dit sal baie help om die brandgevaar oor die streke in toom te hou. Dit het tot en met gister nog goed gereën oor veral die George gebied waar daar sowat 80mm reën op plekke gemeet is oor ‘n tydperk van 48 uur maar as mens kyk na die foto dan sal mens sien dit het reeds begin opklaar oor die streke. Die Kaap het tot eergister ook reën gehad maar dit is sonnig en koud vanoggend maar dit sal effe opwarm met die dat die vloei ietwat meer aflandig word oor die suid-wes Kaap. Agter die bolugtrog het die lug baie uitgedroog en is dit baie koud vanoggend oor groot dele van die Noord-Kaap en die sentrale en westelike dele van Noord-Wes met Kimberley wat vanoggend gedraai het by -4 C met algemene ryp. Ook koud oor die sentrale en westelike dele van die Vrystaat   met ryp vanoggend maar met bewolkte toestande in die Noord-Ooste van die streek nie so kwaai koud nie maar mistig en selfs ‘n paar kolle met motreën. Nou nie ‘n fantastiese Vrouedag as dit kom by weer nie, maar alles in ag genome behoort die wolkband met reën oos uit te wyk en alhoewel dit dan kouer sal word vanaf vannag sal die manne sekerlik ‘n kans kry om ‘n tjop op die kole te goei! Maak nie saak wat die weer maak nie, geniet die dag en naweek en onthou so ‘n klein bietjie reën na 3 maande se geen reën nie maak die paaie baie glad dus ry versigtig en verminder spoed.

 


Comments




Leave a Reply